Thursday, August 23, 2012

Ek loop stadig

Hy tel die sekondes af.
Hoekom loop jy stadig?
Ek loop stadig
Soos ‘n ou man

Ek loop stadig want ek is nie haastig nie
Ek neem als in.

Ek wil dit geniet, ek wil die dag uitrek
Maar steeds slaan hy elke uur

Getrou spel hy die tyd met sy slae uit
Ek probeer nie luister nie
Nie boek hou nie
Tog herhinder die son my
Hy is al besig om oor te gaan

Die skemer kriup nader
Die dag loop uit

Nooit weer sal ek die oomblik so beleef nie
Die swart swaan op die blink water sien swem nie
Dit is hoekom ek stadig loop
Ek wil als inneem

Wednesday, August 22, 2012

oblivion

Woorde kom uit die hol kol binne my
Ek praat oor goed wat nie regtig saak maak nie
Probeer en gee voor dat ek sosiaal is
Dit wat ek wil word in my opgekrop

My oorvol siel pomp woorde uit
Bevestig die onsinnigheid van my bestaan

(I live my life in a space of oblivion)
 
Leef elke dag, maar hoeveel daarvan is werklikheid

Net nou en dan ontsnap dit my
Deur die punte van my vingers
Loop die woorde oor die skerm
Sien ek die lewe deur die lens
Van my kamera

Die Onthou

Die onthou le swaar in  my
die onthou van dit deur my gedoen
en die onthou van dit aan my gedoen

die aan my gedoen le ligter
makliker om daar deur te sif
die lekker en die sleg te skei
maklk om die mooi te onthou
maklik om die sleg na agter te skuif.

die deur my gedoen le swaar
die self vergewing kom moeilik
die oe van die waaraan dit gedoen is
wat tot in die siel kyk
en die wete - hulle onthou